{"id":13019,"date":"2022-02-24T08:54:24","date_gmt":"2022-02-24T06:54:24","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13019"},"modified":"2022-02-24T09:09:59","modified_gmt":"2022-02-24T07:09:59","slug":"ons-stad-mbombela-vir-skoner-veiliger-dorpe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ons-stad-mbombela-vir-skoner-veiliger-dorpe\/","title":{"rendered":"Ons Stad Mbombela vir skoner, veiliger dorpe"},"content":{"rendered":"

Dit is tyd vir inwoners om self hul dorpe in stand te hou. Sandra Jacobs, president van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), s\u00ea die dae is verby wat mense kon skouers optrek omdat hulle plaaslike owerhede betaal vir dienste om gelewer te word en \u201cingryping\u201d deur gemeenskappe neem noodgedwonge landwyd toe.
\n\u201cMunisipale dienste het ons gefaal, en dit gaan nie in die afsienbare toekoms herstel nie,\u201d s\u00ea Jacobs. \u201cInwoners moet aksie neem, verantwoordelikheid neem vir hul eie dorpe.\u201d
\nDit is waarom Ons Stad Mbombela (Our City of Mbombela) vandag amptelik aan die publiek bekendgestel is. Dit is \u2018n ondersteuningsbeweging met die doel om die hele munisipale area skoner, mooier en veiliger te maak.
\nPlaaslike organisasies wat juis dit doen bestaan reeds. Daar is verskeie belastingbetalersverenigings in verskeie dorpe, die Power of 8 000 in Witrivier, We Care 4 Nelspruit in Mbombela, om nie eens al die individue en informele groepe te noem wat hulself beywer om onder meer slaggate te herstel en bushaltes te verfraai nie.
\nOns Stad Mbombela fasiliteer ondersteuning – ook finansieel deur skenkings \u2013 aan sakeondernemings, die publiek, organisasies, \u201cbasies enige mens of groepering wat bemoeid wil wees daarmee om die stad skoner, veiliger, mooier en vriendeliker te maak,\u201d verduidelik sy.
\nDit bied skenkers ook \u2018n veilige hawe omdat KLCBT self verantwoording doen oor hoe skenkings bestee word. Die komitee bestaan uit mense wat saamstem dat hulle self hul omgewing leefbaar moet hou.
\n\u201cOns wil mense bemagtig om te kan doen wat hulle graag wil doen en hulle entoesiasties maak. Ons gaan niemand voors\u00ea of inmeng met hoe hulle befondsing kry nie. Ons is hier om hulle te sterk in hul werk.\u201d
\nLuister hier waar Jacobs verduidelik presies hoe dit werk.
\n