{"id":12917,"date":"2022-02-07T13:05:41","date_gmt":"2022-02-07T11:05:41","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12917"},"modified":"2022-02-07T15:30:24","modified_gmt":"2022-02-07T13:30:24","slug":"vier-vas-na-gewapende-roof-by-ilanga-mall","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vier-vas-na-gewapende-roof-by-ilanga-mall\/","title":{"rendered":"Vier vas na gewapende roof by i’langa Mall"},"content":{"rendered":"

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in i\u2019langa Mall beroof het.
\nVolgens die polisie tel \u2018n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes.
\nBrig. Selvy Mohlala s\u00ea die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak en van hul selfone, skootrekenaars en kontant beroof.
\nEen werknemer wat ten tyde van die voorval in die badkamer was, kon hulp ontbied. Die aanvallers is deur sekerheidswagte naby hul voertuig, ‘n Toyota Corolla Quest sonder nommerplate of \u2018n lisensieskyf, aangekeer.
\n