{"id":12746,"date":"2022-01-17T15:19:29","date_gmt":"2022-01-17T13:19:29","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12746"},"modified":"2022-01-17T15:19:29","modified_gmt":"2022-01-17T13:19:29","slug":"voortvlugtende-vas-vir-stropery","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/voortvlugtende-vas-vir-stropery\/","title":{"rendered":"Voortvlugtende vas vir stropery"},"content":{"rendered":"

\u2018n Vermeende renosterstroper is Vrydag aangekeer by die hof, na hy sy borgvoorwaardes verbreek het.
\nDie Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas.
\nVolgens kapt. Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van \u2018n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en knaldemper.
\nNadat hy op borg vrygelaat is, het hy versuim om vir sy volgende hofverskynings op te daag en \u2018n lasbrief is vir sy arrestasie uitgereik.
\nIn Oktober is hy weer in Delmas aangekeer in besit van renosterhorings.
\n