{"id":12722,"date":"2022-01-10T12:58:48","date_gmt":"2022-01-10T10:58:48","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12722"},"modified":"2022-01-10T13:14:43","modified_gmt":"2022-01-10T11:14:43","slug":"verskeie-leerlinge-wag-nog-vir-plekke-in-skole","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/verskeie-leerlinge-wag-nog-vir-plekke-in-skole\/","title":{"rendered":"Verskeie leerlinge wag nog vir plekke in skole"},"content":{"rendered":"

Heelwat gr. 1- en gr. 8-leerlinge wag nog om geplaas te word in laer- en ho\u00ebrskole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af.
\nVolgens die provinsiale onderwysdepartement benodig 214 gr. 8\u2019s en 213 gr. 1\u2019s plek in Mbombela, en 33 gr. 8\u2019s en 35 gr. 1\u2019s in Witrivier.
\nDit is heelwat minder as die 350 gr. 8- en 379 gr. 1-leerders wat nog in eMalahleni (Witbank) geplaas moes word. In Steve Tshwete (Middelburg) weet 79 gr. 8\u2019s en 70 gr. 1\u2019s nog nie waar hulle vanjaar skool sal gaan nie.
\nDaar is twee nuwe skole in Steve Tshwete-munisipaliteit gebou, wat vanjaar volledig operasioneel sal wees, asook \u2019n nuwe skool wat met mobiele klaskamers begin.
\nVolgens Lucy Moyane, departementshoof, het elke distrik \u2018n toelatingspan wat saam met ouers en skole werk om te verseker elke leerling word geplaas. Die proses, sowel as die voorsiening van hul leermateriaal, behoort binne die eerste tien skooldae gefinaliseer te word.
\nLeerlinge sonder geboortesertifikate moet ook toegang verkry en skole word aangemoedig om saam met ouers en die departement van binnelandse sake te werk om die nodige dokumentasie vir hulle te bekom.
\nOm oorbevolking in skole te bekamp, is boukontrakteurs reeds aangestel om 40 nuwe klaskamers by vier laerskole in Mbombela aan te bou, aldus Moyane.
\nHaar departement werk ook nou saam met die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer om teen 2023 alle staatskole in Mpumalanga van behoorlike ablusiegeriewe te voorsien.
\n