{"id":12695,"date":"2022-01-05T11:37:12","date_gmt":"2022-01-05T09:37:12","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12695"},"modified":"2022-01-05T11:37:12","modified_gmt":"2022-01-05T09:37:12","slug":"tweede-verdagte-vas-vir-polisieman-se-moord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/tweede-verdagte-vas-vir-polisieman-se-moord\/","title":{"rendered":"Tweede verdagte vas vir polisieman se moord"},"content":{"rendered":"

\u2018n Verdagte is Maandag in Barberton aangekeer vir die dubbele moord op speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi.
\nHulle is op 17 Oktober 2021 by Zanni Tavern doodgeskiet. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde.
\nLifa Blessing Nkosi (42), \u2018n voormalige Mbombela-wyksraadslid, is in November daarvoor aangekeer en is sedertien in aanhouding.
\nVolgens die Valke se kapt. Lloyd Ramovha sal die 32-jarige verdagte vandag in die Barberton-landdroshof verskyn.<\/p>\n\n\t\t