{"id":12595,"date":"2021-12-14T13:50:05","date_gmt":"2021-12-14T11:50:05","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12595"},"modified":"2021-12-14T13:50:05","modified_gmt":"2021-12-14T11:50:05","slug":"kenner-moet-nooit-gerus-wees-oor-hondsdolheid-nie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/kenner-moet-nooit-gerus-wees-oor-hondsdolheid-nie\/","title":{"rendered":"Kenner: Moet nooit gerus wees oor hondsdolheid nie"},"content":{"rendered":"

Daar was vanjaar ‘n skerp styging in hondsdolheid-gevalle onder mense, waarvan die meeste kinders was.
\nDie meeste gevalle van hierdie dodelike virus is bevestig in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, areas wat deur \u2018n menigte toeriste, ook van die Laeveld, besoek word hierdie tyd van die jaar.
\nDr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in Mbombela, verduidelik dat dit ‘n slegte siekte en sterfte is, omdat die virus die brein en senuweestelsel aantas.
\nDit is natuurlik ook heeltemal noodlottig sodra mense eers simptome begin wys.
\n“Volgens wet moet eienaars hul honde teen die virus in laat ent,” s\u00ea sy.
\nLubbinge waarsku dat mense ook op hul hoede moet bly, selfs wanneer daar nie ‘n uitbreking van die virus in hul area is nie.
\nSy het met Gerhardt gesels. Luister weer hier na die gesprek.
\n