{"id":12584,"date":"2021-12-10T09:32:21","date_gmt":"2021-12-10T07:32:21","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12584"},"modified":"2021-12-10T09:47:26","modified_gmt":"2021-12-10T07:47:26","slug":"laeveld-dorpe-slaag-bloudruppeltoets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/laeveld-dorpe-slaag-bloudruppeltoets\/","title":{"rendered":"Laeveld dorpe slaag bloudruppeltoets"},"content":{"rendered":"

AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal.
\nVolgens Hennie Bekker, AfriForum se distriksko\u00f6rdineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterie\u00eb nie.
\nTwaalf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, voldoen egter nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie. Dit is Belfast, Dullstroom, Evenader, Leandra, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Standerton, Witbank en twee in Secunda. Bethal se aanleg funksioneer glad nie.
\n