{"id":12511,"date":"2021-11-30T13:56:17","date_gmt":"2021-11-30T11:56:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12511"},"modified":"2021-11-30T13:56:17","modified_gmt":"2021-11-30T11:56:17","slug":"nasser-troef-botteril-op-afrika-podium-in-dullstroom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nasser-troef-botteril-op-afrika-podium-in-dullstroom\/","title":{"rendered":"Nasser troef Botteril op Afrika-podium in Dullstroom"},"content":{"rendered":"

Die TRAC N4-tydren Vrydag en Saterdag in Dullstroom het behoort aan Uganda se Yasin Nasser en Ali Katumba.
\nHulle het met hul debuut in Suid-Afrika gewen, nadat plaaslike ryers Guy Botteril en Simon Vacy-Lyle se Toyota Etios R4 beide dae nie die renne kon klaarmaak nie.
\nNasser kon Botteril so om die tweede plek op die algehele podium vir die Afrika Kampioenskappe klop. Kenia se Carl Tundo het reeds in Oktober die Afrika-kroon in Rwanda ingepalm.
\nDie tydren was ook die finale rondte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenreeks. Theuns Joubert van Salom Racing en Greg Godrich van Rally Technic het die reeks met die meeste punte afgesluit.
\nJayden Els en Schalk van Heerden het tweede ge\u00ebindig, en Chris Coertse en Mari Ducasse derde.
\nNie eens die koue, nat weer in eMakhazeni kon \u2018n demper op die tydren plaas nie, s\u00ea TRAC se kommunikasiebestuurder, Solange Soares.
\n\u201cKompetisie tussen die 28 deelnemende spanne oor die twee dae was straf en intens en, saam met die uiterste weerstoestande, hoogs uitdagend in die S&N Timbers en Safcol plantasies.
\nVolgens TRAC se uitvoerende hoof, Alex van Niekerk, is TRAC baie trots om met die tydren geassosieer te wees. Hy het die deelnemers vir hul kameraderie en sportmangees geloof.
\nDie hoof begunstigde van die tydren is vanjaar weer die Dullstroom Epilepsiesentrum.
\nKyk \u2018n video van dag 2 van die aksie hier:<\/p>\n