{"id":12390,"date":"2021-11-10T18:21:05","date_gmt":"2021-11-10T16:21:05","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12390"},"modified":"2021-11-10T18:23:38","modified_gmt":"2021-11-10T16:23:38","slug":"staatsamptenare-vasgetrek-vir-bedrog","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/staatsamptenare-vasgetrek-vir-bedrog\/","title":{"rendered":"Staatsamptenare vasgetrek vir beweerde bedrog"},"content":{"rendered":"

Twee mans wat na bewering meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gesteel het, het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
\nRonny Germany Ngwenyama (44) en \ufeff<\/span>Tinyiko Shadrack Golele\ufeff<\/span> (44) word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla.
\nGolele was na bewering in September 2018 \u2018n projekbestuurder in die Mpumalanga departement van landbou. Hy sou met Ngwenyama saamgesweer het om met vervalste faktures namens drie gemeenskappe wat suksesvol grond ge\u00ebis het betalings van die regering te ontvang.
\nDie Brown-, Makhatini- en Tlharesamadi-gemeenskappe se grondeis is glo goedgekeur sonder dat hulle daarvan ingelig is.
\n\n\t\t