{"id":12380,"date":"2021-11-10T17:54:14","date_gmt":"2021-11-10T15:54:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12380"},"modified":"2021-11-10T17:57:55","modified_gmt":"2021-11-10T15:57:55","slug":"bietjie-bietjie-bos-beloof-eintlik-sommer-baie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bietjie-bietjie-bos-beloof-eintlik-sommer-baie\/","title":{"rendered":"Bietjie-Bietjie-Bos beloof sommer baie"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Na twee winters van geen Innibos Kunstefees nie, ‘n Laeveldse instelling van om en by 20 jaar, word daar vanaf 1 tot 5 Desember ‘n Bietjie-Bietjie-Bos gehou.
\n“Uiteindelik!” slaak menige uitgehonger-vir-die-kunste inwoner ‘n sug van verligting. En wat ‘n verligting is dit nie?
\nHierdie weergawe van Innibos sal aansienlik kleiner wees as die fees wat gewoonlik tydens die normale Junie-skoolvakansie plaasvind, maar wat reeds die afgelope twee jaar weens Covid-19-inperkingsregulasies nie kon plaasvind nie.
\nPhilna Scholtz, programbestuurder van die fees, s\u00ea vanjaar se aanbiedinge bied iets vir almal.
\nDie drama “Wat as” (met oorspronklike Laevelders Francois Jacobs, Adriaan van As en Simone Pretorius in die rolverdeling) is ‘n opdrag-produksie van Innibos. Andr\u00e9 Odendaal hanteer die regie.
\nDit vertel die verhaal van drie skoolvriende wat jare na ‘n tragedie weer bymekaar kom en wonder…
\nIn ‘n ligte luim ondersoek “Die grapmakers” (met Neels Clasen en Hannes Br\u00fcmmer) die aard van komedie. Hoekom is iets snaaks? Die gevolg is ‘n oorspronklike komedie. Hoe dan anders, siende dat dit Lizz Meiring se pennevrug is.
\nDaar is die Donderdag tot Saterdag drie vertonings van beide in die Mbombela Stadsteater. Weens Covid-19-regulasies is kaartjies vir albei die stukke beperk tot 180 per vertoning.
\n“Groet die grotman 2” (hierdie keer met Phillru van Achterbergh) vind heel gepas plaas in die Sudwala-grotte.
\nVir diegene met ‘n sin vir iets meer klassiek, tree Zanta Hofmeyr, die Nocor\u00e9 Ensemble en die Nelspruit Ho\u00ebrskool Bel Canto Meisieskoore die Vrydagaand op by Klassiek@Christies.
\nPlaaslike geure ontbreek elders ook glad nie. “Wyn en snaar” gaan nie net oor wyn nie, maar ook oor plaaslike talente Theresa Prinsloo en Karla Brits, hul twee harpe en ‘n klavier.
\nScholtz voeg by dit is belangriker as ooit om kunstenaars te ondersteun.
\n