{"id":12337,"date":"2021-11-02T10:56:35","date_gmt":"2021-11-02T08:56:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12337"},"modified":"2021-11-02T11:04:54","modified_gmt":"2021-11-02T09:04:54","slug":"verkiesingsdag-in-ehlanzeni-nie-sonder-probleme-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/verkiesingsdag-in-ehlanzeni-nie-sonder-probleme-nie\/","title":{"rendered":"Verkiesingsdag nie sonder probleme nie"},"content":{"rendered":"

Stemdag het oor die algemeen vlot verloop gister, maar Trudie Grove-Morgan, die adjunkleier van die DA in Mpumalanga, s\u00ea regoor Mbombela het sommige mense probleme gehad om te stem.
\nVeral diegene wat tydens die registrasienaweek van 18 en 19 September herregistreer het, se name het nie op die kiesersrol verskyn waar hulle wou stem nie.
\n\u201cBaie mense is weggewys. In een gesin, met dieselfde adres, moes van hulle by Uplands stem en ander by die stadsaal. Nog iemand moes in \u2018n ander distrik gaan stem.\u201d
\nGrove-Morgan beraam dat by Witrivier se stadsaal alleen, meer as 50 mense so nie kon stem nie.
\nTeecee Chembeni van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) s\u00ea mense wat vir watter rede ookal nie op die kieslyste verskyn het in die wyk waar hulle wou stem nie, moet MEC7-vorms invul. Di\u00e9 het ongelukkig \u2018n bietjie laat gearriveer.
\n\u201cDaardie stemme is verlore,\u201d s\u00ea Grove-Morgan. \u201cDit is nie regverdig gedoen nie. Die OVK het mense in die steek gelaat.\u201d
\nDie polisie in Mpumalanga ondersoek \u2018n voorval waartydens \u2018n boks vol stembriewe gisteraand in Calcutta gesteel is.
\nVolgens provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was twee polisiebeamptes en twee amptenare van die verkiesingskommissie besig om stembriewe te vervoer, toe die ingangshek na die stemlokaal deur gemeenskapslede versper is.
\n\u2018n Boks vol stembriewe en \u2018n le\u00eb een is van hul voertuig verwyder.
\nMpumalanga se polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, s\u00ea buiten dit, was daar geen ernstige voorvalle in die provinsie nie en is sy tevrede met hoe die plaaslike regeringsverkiesing verloop het.
\n