{"id":12270,"date":"2021-10-25T11:46:13","date_gmt":"2021-10-25T09:46:13","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12270"},"modified":"2021-10-25T11:51:10","modified_gmt":"2021-10-25T09:51:10","slug":"versperring-van-paaie-rondom-mbombela-skerp-veroordeel","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/versperring-van-paaie-rondom-mbombela-skerp-veroordeel\/","title":{"rendered":"Versperring van paaie rondom Mbombela skerp veroordeel"},"content":{"rendered":"

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die sporadiese afsperring van paaie rondom Mbombela vanoggend skerp veroordeel.
\nDie paaie wat in en uit areas soos Kanyamazane en Pienaar lei, sowel as die N4 by Matsulu is daardeur geraak.
\nDie N4 tussen Nelspruit en Kaapmuiden is deur vragmotors afgesper weens protesaksie. Toegang tot KMI-lughawe van Karino is ook geraak.
\nVolgens Shongwe was die uiteinde dat mense verhoed is om werk en skool toe te gaan. Die verkeersopeenhoping in die Krokodil-ravyn het ook vir lang vertragings gesorg.<\/p>\n

\n