{"id":12251,"date":"2021-10-21T11:41:32","date_gmt":"2021-10-21T09:41:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12251"},"modified":"2021-10-21T11:49:22","modified_gmt":"2021-10-21T09:49:22","slug":"matriekeindeksamen-moenie-hierdie-foute-maak-nie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/matriekeindeksamen-moenie-hierdie-foute-maak-nie\/","title":{"rendered":"Eindeksamen: Moenie hierdie foute maak nie"},"content":{"rendered":"

Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, s\u00ea 2020 was ‘n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun.
\nSy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies en aanlyn skoolgaan, maar in dieselfde asem is hierdie generasie kinders baie aanpasbaar en veerkragtig.
\n“Ons vind soms die ouers het meer angs oor die eksamen as die leerlinge,” s\u00ea sy.
\nAfgesien van die eksamen, vind hulle al hoe meer jonger kinders het klop aan vir professionale hulp weens angs – kinders toenemend tussen nege en 13 jaar oud.
\n