{"id":12247,"date":"2021-10-20T15:41:49","date_gmt":"2021-10-20T13:41:49","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12247"},"modified":"2021-10-20T15:42:57","modified_gmt":"2021-10-20T13:42:57","slug":"graskop-neem-aksie-na-aanval-op-franse-toeriste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/graskop-neem-aksie-na-aanval-op-franse-toeriste\/","title":{"rendered":"Graskop neem aksie na aanval op Franse toeriste"},"content":{"rendered":"

Toerisme rolspelers in Graskop het aksie geneem na ‘n bejaarde egpaar van Frankryk Maandag naby die dorp gekaap is deur drie verdagtes wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het.
\nDie toeriste was besig om die area rondom Graskop in \u2018n huurmotor te verken, toe hulle by die afdraai na Pelgrimsrus gestop is deur die aanvallers. Hulle s\u00ea hulle het gestop omdat die mans polisie-uniforms aangehad het, al was hulle in \u2018n privaatmotor.
\nDie vrou het glo eers geweier om uit te klim en haar vinger is beseer toe sy uit die voertuig forseer is. Hulle is ook van persoonlike items beroof. Die aanvallers het met hul gehuurde Suzuki Swift gevlug.
\nVerbygangers het hulle polisiestasie toe geneem.
\nToerisme rolspelers het hul dadelik te hulp gesnel, hulle gehelp om hul reisdokumente te vervang en hulle met addisionele uitstappies bederf. Die toeriste het toe besluit om vir nog twee weke aan te bly.
\n