{"id":12244,"date":"2021-10-19T14:30:34","date_gmt":"2021-10-19T12:30:34","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12244"},"modified":"2021-10-19T14:30:34","modified_gmt":"2021-10-19T12:30:34","slug":"samora-machel-se-dood-by-mbuzini-herdenk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/samora-machel-se-dood-by-mbuzini-herdenk\/","title":{"rendered":"Samora Machel se dood by Mbuzini herdenk"},"content":{"rendered":"

\u201cOns het leiers nodig wat in Samora Machel se voetspore volg,\u201d s\u00ea pres. Cyril Ramaphosa. \u201cLeiers wat onbaatsugtig is, wat daaraan toegewyd is om te dien, en wat ook bereid is om opofferings te maak, soos Samora Machel het.
\n\u201cOns het leiers nodig wat die behoeftes en aspirasies van die mense van ons kontinent bo alles anders stel.\u201d
\nRamaphosa en die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het vandag tydens ‘n kransleggingseremonie by Mbuzini in Nkomazi-munisipaliteit die dood van Samora Machel herdenk.
\nDi\u00e9 voormalige president van Mosambiek is vandag presies 35 jaar gelede dood. Sy vliegtuig het op Suid-Afrikaanse grondgebied in die Lebombo-berge naby die sameloop van die grens tussen Suid-Afrika, eSwatini en Mosambiek neergestort.
\nDie herdenkingsgeleentheid is by die Samora Machel-museum in Mbuzini gehou. Dit is ook bygewoon deur onder meer Machel se weduwee, Graca Machel; Suid Afrika se minister van sport en kultuur, Nathi Mthethwa; sowel as Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane.
\n