{"id":12212,"date":"2021-10-13T09:49:44","date_gmt":"2021-10-13T07:49:44","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12212"},"modified":"2021-10-13T10:25:03","modified_gmt":"2021-10-13T08:25:03","slug":"premier-dank-moordbeskuldigde-lur-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/premier-dank-moordbeskuldigde-lur-af\/","title":{"rendered":"Premier dank moordbeskuldigde LUR af"},"content":{"rendered":"

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grond- en omgewingsake, Mandla Msibi, gisteraand uit haar kabinet afgedank.
\nMsibi word aangekla van moord en poging tot moord. Hy was na bewering betrokke by ‘n skietvoorval tydens ‘n ANC-takvergadering op 22 Augustus waain twee mense dood en een gewond is.
\nHy is reeds sedert Maandag in polisie-aanhouding. Sy borgaansoek gaan vandag in die Nelspruit-landdroshof voort.
\nLees meer hier: <\/strong>LUR aangekla van moord en poging tot moord<\/a>
\nMtshweni-Tsipane s\u00ea sy het die besluit geneem na konsultasie met die ANC se provinsiale leierskap weens die erns van die aanklagte teen hom en die impak wat dit op sy regeringswerk sal h\u00ea.
\n\u201cDit is te verwagte dat hy tyd aan die saak behoort af te staan en die ANC het sekere morele standaarde aan homself gestel wat ons almal as openbare verteenwoordigers moet navolg,\u201d het sy tydens haar aankondiging aan die media ges\u00ea.
\nSy is gevra hoekom hy nou eers uit haar uitvoerende komitee geskop word, wanneer hy reeds sedert sy aanstelling in 2018 verskeie soortgelyke, ernstige klagte teen hom gehad het.
\n