{"id":12139,"date":"2021-09-30T13:36:58","date_gmt":"2021-09-30T11:36:58","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=12139"},"modified":"2021-09-30T13:36:58","modified_gmt":"2021-09-30T11:36:58","slug":"alzheimers-bewusmakingsmaand-wat-jy-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/alzheimers-bewusmakingsmaand-wat-jy-moet-weet\/","title":{"rendered":"Alzheimers-bewusmakingsmaand: Wat jy moet weet"},"content":{"rendered":"

Tot 85% van mense wat demensie kry, het Alzheimers, s\u00ea Elria Erasmus, die senior maatskaplike werker by Alzheimers Mpumalanga.
\nKortom is dit die afsterwe van breinselle in sekere dele van die brein wat dinge, soos geheue, affekteer, en al hoe meer mense word daarmee gediagnoseer.
\nSeptember is Internasionale Alzheimers-bewusmakingsmaand en sy vertel dat simptome in drie groepe opgedeel word. Kognitiewe simptome sluit in dat die persoon daagliks vergeetagtig is, vergeet wie of waar hulle is en begin verdwaal in hul eie huis. Dit sluit ook in om te sukkel om bekende woorde te onthou of sinne aanmekaar te sit.
\nFunksionele simptome is wanneer jy aangeleerde gedrag verloor: jy vergeet om te eet, of hoe om jou knope vas te maak.
\n\u201c\u2019n Ander funksionerende simptoom is jy kan nie meer met geld werk nie. Die persoon sukkel om hul rekeninge te betaal of die regte bedrag geld oor die toonbank te gee.\u201d
\nGedrag-simptome lei tot persoonlikheidsveranderinge, uitbarstings en irritasie en selfs hallusinasies.
\nErasmus verduidelik in meer besonderhede. Luister hier.
\n