{"id":11987,"date":"2021-09-13T13:51:16","date_gmt":"2021-09-13T11:51:16","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11987"},"modified":"2021-09-13T13:51:16","modified_gmt":"2021-09-13T11:51:16","slug":"ekonoom-voorspel-54-groei","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ekonoom-voorspel-54-groei\/","title":{"rendered":"Ekonoom voorspel 5,4% groei"},"content":{"rendered":"

Ekonomiese raadgewer vir die Optimum beleggingsgroep, dr. Roelof Botha, het Vrydag by Church Unlimited verduidelik hoe Suid-Afrika se ekonomie na die grendeltydperk van die Covid-pandemie op die herstelpad is.
\nHy s\u00ea hy is positief, maar met rede, omdat die jongste data wys hoeveel industrie\u00eb reeds herstel het tot dieselfde vlakke of beter as voor die pandemie. Dit sluit in landbou, konstruksie en kommoditeitspryse, om net \u2018n paar te noem.
\nUiteraard is daar steeds baie uitdagings, maar een van die groot dryfvere van die opbloei wat hy verwag is die regering se nuwe ekonomiese beleid.
\nHy het met Mireille gesels oor die groei van 5,4% wat hy voorspel vir die land. Luister weer hier daarna.
\n