{"id":11963,"date":"2021-09-09T12:49:02","date_gmt":"2021-09-09T10:49:02","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11963"},"modified":"2021-09-09T12:49:58","modified_gmt":"2021-09-09T10:49:58","slug":"sanparke-kondig-realiteitsreeks-oor-verhoudings-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sanparke-kondig-realiteitsreeks-oor-verhoudings-aan\/","title":{"rendered":"SANParke kondig realiteitsreeks oor verhoudings aan"},"content":{"rendered":"

\u2018n Nuwe realiteitsreeks wat in sewe SANParke-reservate afspeel, sal vanaf 7 Oktober op die kassie begin draai.
\nDie 13-week-lange \u201cAway for Repair\u201d het vier spanne deelnemers van twee elk wat tydens die reeks werk aan hul verhoudinge met mekaar.
\nDaar is \u2018n ma en dogter, twee sussies, \u2018n getroude paartjie en twee vriende.
\nDie aanbieders is Rami Chuene en Romeo Mabasa.
\nSANParke s\u00ea by monde van Hapiloe Sello dat die reeks kykers op \u2018n emosionele mallemeule sal neem saam met die spanne teen die agtergrond van sommige van die land se mooiste nasionale parke.
\nDit sluit in die Krugerwildtuin, Mapungubwe en Tsitsikamma waar die spanne aan uitdagings gaan deelneem wat hulle sal beproef ten einde laaste hul gebroke bande met mekaar te herstel.
\n\u201cDeur die reeks sal ons die diversiteit van ons reservate ten toon stel, en die reeks beskikbare pret en opvoedkundige aktiwiteite ten toon stel,\u201d s\u00ea Sello. \u201cOns voel ook dit is belangrik om die waarde daarvan om tyd te spander in die natuur vir emosionele welstand te benadruk.\u201d
\nDie wen-span kry \u2018n naweek se verblyf by die nuwe Skukuza Safari Lodge in die wildtuin met die span wat tweede eindig wat \u2018n ervaring wen by die Golden Gate Highlands Nasionale Park. Kontantpryse is ook op die spel.
\nKyk die video van die voorskou hier:<\/p>\n