{"id":11909,"date":"2021-09-04T11:49:48","date_gmt":"2021-09-04T09:49:48","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11909"},"modified":"2021-09-04T11:49:48","modified_gmt":"2021-09-04T09:49:48","slug":"elvis-blue-hou-vanaand-in-jou-huis-konsert","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/elvis-blue-hou-vanaand-in-jou-huis-konsert\/","title":{"rendered":"Elvis Blue hou vanaand in jou huis konsert"},"content":{"rendered":"

Elvis Blue gaan die Laeveld vanaand vermaak tydens die sesde en laaste aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks.
\nDit word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Jo Black, Jak de Priester, Charl du Plessis, Refentse en Roan Ash was die afgelope maande reeds aan die beurt.
\nBywoning na die optrede is slegs op uitnodiging, maar almal kan die vertoning regstreeks op hul radio luister.
\nElvis het vir Gerhardt ges\u00ea dat, hoewel hy \u2018n bietjie op sy senuwees is, hy baie daarna uitsien, veral omdat daar so min geleenthede was om konsert te hou die afgelope 18 maande.
\n