{"id":11897,"date":"2021-09-03T14:14:10","date_gmt":"2021-09-03T12:14:10","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11897"},"modified":"2021-09-03T14:14:10","modified_gmt":"2021-09-03T12:14:10","slug":"machadodorp-wisselaar-op-n4-amptelik-geopen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/machadodorp-wisselaar-op-n4-amptelik-geopen\/","title":{"rendered":"Machadodorp-wisselaar op N4 amptelik geopen"},"content":{"rendered":"

Die nuwe Machadodorp-wisselaar op die N4 is gisteroggend amptelik geopen. Dit vervang die ander aansluitings na die N4 en maak die pad beduidend veiliger.
\nDie geleentheid is deur Mpumalanga se LUR vir openbare werke, Mohita Latchminarain, sowel as amptenare van Sanral en Emakhazeni-munisipaliteit se burgemeester, TD Ngwenya, bygewoon. Hulle het saam met TRAC se uitvoerende hoof, Alex van Niekerk, die geel lint geknip om die pad oop te stel.
\nVan Niekerk s\u00ea die groot toename in verkeersvolumes op di\u00e9 pad het die opgradering genoodsaak.
\nDit is veral belangrik omdat dit deel vorm van die Maputo-ontwikkelingsroete en daardeur ekonomiese groei ondersteun.
\n