{"id":11872,"date":"2021-09-01T13:36:32","date_gmt":"2021-09-01T11:36:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11872"},"modified":"2021-09-01T14:22:13","modified_gmt":"2021-09-01T12:22:13","slug":"riekie-bereik-top-10-met-boereworsresep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/riekie-bereik-top-10-met-boereworsresep\/","title":{"rendered":"Riekie bereik top 10 met boereworsresep"},"content":{"rendered":"

Witrivier se eie Riekie Trollip het vanjaar die top 10 bereik in Checkers en Shoprite se jaarlikse Championship Boerewors-kompetisie.
\nTrollip is geen onbekende onder inwoners van Witrivier nie. Hoewel sy aanvanklik in die bankwese begin het, het sy later \u2018n loopbaanskuif na die slaghuis-bedryf gemaak.
\n\u201cDie mense is later nie meer jou kli\u00ebnte nie, hulle is naderhand jou vriende en jy weet presies wie gaan braai op \u2018n Saterdagaand en wie braai op \u2018n Dinsdagaand en wanneer maak wie potjie,\u201d s\u00ea sy. \u201cSo jy weet presies hoe om hulle vleis reg te kry.\u201d
\nSy beskryf dit as \u2018n fenomenale ervaring en het reeds vyf keer vir die kompetisie ingeskryf. Vanjaar was die eerste keer dat sy so v\u00ear gevorder het.
\nDit is niks nie in vergeleke met vanjaar se boerewors-kampioen, Vikash Bachu van Ladysmith, wat vir die 12de keer ingeskryf het.
\nTrollip s\u00ea sy sal sonder twyfel aanhou om te eksperimenteer. Sy het \u2018n bietjie van haar resep met Ludi gedeel. Luister weer hier na haar braaiwenke ook.
\n