{"id":11822,"date":"2021-08-26T16:24:26","date_gmt":"2021-08-26T14:24:26","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11822"},"modified":"2021-08-26T16:24:26","modified_gmt":"2021-08-26T14:24:26","slug":"oud-omroeper-bokkie-taute-oorlede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/oud-omroeper-bokkie-taute-oorlede\/","title":{"rendered":"Oud-omroeper, Bokkie Taute, oorlede"},"content":{"rendered":"

Bokkie Taute, ‘n oud-omroeper by 100.5FM, is gisteraand in ‘n hospitaal in Pretoria weens Covid-19 verwante oorsake oorlede.
\nSy was een van die eerste vroue-omroepers by Radio Laeveld en was betrokke sedert sy ontstaan 18 jaar gelede tot 2007.
\nHaar program se naam was \u201cIn almal se kraal\u201d waar sy die gewilde \u201cVlooimark\u201d, wat vandag steeds daagliks uitgesaai word, begin het.
\nOmroeper Amanda Botha wat Vlooimark oorgeneem het toe Bokkie die radio vaarwel toegeroep het, beskryf haar as die moeder van die radio.
\n\u201cDaar is steeds mense wat my Bokkie noem, na al die jare wat sy weg is, want hulle assossieer Vlooimark steeds met haar,\u201d s\u00ea sy.
\n\u201cSy het die mooiste kinderstories vertel. Storietyd is genoem \u2018Klouter Kabouter\u2019. Sy het klanke gemaak en dit s\u00f3 interessant gemaak. Soveel kleuterskole het elke dag ingeskakel vir haar stories.\u201d
\nBokkie se kollegas onthou haar as iemand wat baie gesteld was op Afrikaans en die suiwer gebruik daarvan, wat soms tot groot vermaak gelei het.
\nSo het sy \u2018n Sony Playstation wat tydens een Vlooimark te koop aangebied is, na \u2018n \u201cspeelstasie\u201d vertaal.
\n\u201cSy was streng oor hoe jy \u2018n ding s\u00ea,\u201d voeg Botha by. \u201cJy kon nie nets iets s\u00ea nie, jy moes weet waarvan jy praat,\u201d s\u00ea Botha.
\nBokkie het vir lank ook die middag nuusprogram saam met Roelf van Jaarsveld aangebied. \u201cOns het mekaar goed aangevul.\u201d
\nHy beskryf haar as iemand wat nie nonsens gevat het nie, en baie reguit was. \u201cSy was \u2018n wonderlike, vriendelike mens wat Radio Laeveld op die hart gedra het,\u201d voeg hy by.
\nVanessa Roets onthou ook hoe streng sy was oor taalgebruik. \u201cSy sou jou sommer vinnig reghelp. Selfs tydens onderhoude sou sy mense stop met die korrekte Afrikaanse woord.
\n