{"id":11814,"date":"2021-08-25T12:04:27","date_gmt":"2021-08-25T10:04:27","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11814"},"modified":"2021-08-25T12:04:27","modified_gmt":"2021-08-25T10:04:27","slug":"penryn-college-voeg-cambridge-tot-hul-akademiese-aanbieding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/penryn-college-voeg-cambridge-tot-hul-akademiese-aanbieding\/","title":{"rendered":"Penryn College voeg Cambridge tot hul akademiese aanbieding"},"content":{"rendered":"

Penryn College sal vanaf volgende jaar die Cambridge-kurrikulum begin aanbied vir gr. 8\u2019s.
\nDit maak hulle die eerste skool in die Laeveld wat beide die Cambridge- en IEB-kurrikulums bied.
\nPenryn College se hoof, Albert Pienaar, s\u00ea dit sal infaseer word en vir die eerste twee jaar ge\u00efntegreerd wees. Die leerlinge sal vanaf hul gr. 10 jaar in 2024 kies met watter een om voort te gaan en in gr. 12 \u00f3f die IGCSE-eksamen \u00f3f die IEB-eksamen afl\u00ea.
\nPienaar s\u00ea al hoe meer gesinne wil die opsie h\u00ea dat hul kinders oorsee gaan studeer. Beide word in Suid-Afrika en internasionaal aanvaar vir tersi\u00eare studie, maar Cambridge vergemaklik dit by veral sekere instansies in die Verenigde Koninkryk, VSA en Kanada.
\n