{"id":11795,"date":"2021-08-24T13:17:32","date_gmt":"2021-08-24T11:17:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11795"},"modified":"2021-08-24T13:17:32","modified_gmt":"2021-08-24T11:17:32","slug":"driebeen-katie-kry-dalk-prostetiese-been","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/driebeen-katie-kry-dalk-prostetiese-been\/","title":{"rendered":"Driebeen-Katie kry dalk prostetiese been"},"content":{"rendered":"

Die Kinnear-gesin van Mbombela het onlangs ‘n baie spesiale toevoeging tot hul gesin gemaak met Katie, ‘n driebeen-Africanus wat hulle by Pro-Life Pet Rescue aangeneem het.
\n\"\"
\nAllet Kinnear vertel haar man, Mark, het van Katie gehoor na sy in die Lilydale-area naby Sabi Sands gered is.
\nSy is deur ‘n kar raakgery en haar linker agterbeen se femur sowel as haar pelvis is gebreek. Savanna Lodge se mense het met Lowveld Vets kontak gemaak en haar been is afgesit net bo die breuk. Haar pelvis sal blykbaar self weer aangroei.
\nDie Kinnears het gaan kyk. Ousus Alix wou haar dadelik h\u00ea en hulle het besluit om vir Katie ‘n liefdevolle huis te gee.
\nReuben en Vincent het vir Gerhardt vertel wat Katie so spesiaal maak.
\n