{"id":11778,"date":"2021-08-20T12:15:27","date_gmt":"2021-08-20T10:15:27","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11778"},"modified":"2021-08-20T12:15:27","modified_gmt":"2021-08-20T10:15:27","slug":"vf-plus-vra-vir-strenger-optrede-teen-stropers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vf-plus-vra-vir-strenger-optrede-teen-stropers\/","title":{"rendered":"VF Plus vra vir strenger optrede teen stropers"},"content":{"rendered":"

Die VF Plus in Mpumalanga vra dat daar strenger teen vermeende renosterstropers opgetree moet word om die praktyk hok te slaan.
\nD\u00edt na die inhegtenisname op 21 Julie van AB (Schalk) Steyn (48) en Dawie Groenewald (53) wat met 19 horings met \u2018n beraamde waarde van sowat R2,6 miljoen in hul besit betrap is.
\nHulle word aangekla van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings. Elk is borgtog toegestaan van R50 000.
\nGroenewald is reeds 11 jaar gelede weens stroping aangekeer en was op borg uit ten tyde van sy jongste arrestasie.
\nVolgens Werner Weber het die Krugerwildtuin reeds 70% van sy renoster-bevolking weens stroping verloor die afgelope dekade.
\n