{"id":11751,"date":"2021-08-18T11:30:22","date_gmt":"2021-08-18T09:30:22","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11751"},"modified":"2021-08-18T11:36:51","modified_gmt":"2021-08-18T09:36:51","slug":"220-nuwe-polisielede-vir-mpumalanga-verwelkom","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/220-nuwe-polisielede-vir-mpumalanga-verwelkom\/","title":{"rendered":"220 nuwe polisielede vir Mpumalanga verwelkom"},"content":{"rendered":"

Mpumalanga se polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het 220 nuut opgeleide polisiekonstabels verwelkom by Mbombela-stadion. Hulle het beklemtoon dat baie van hulle vroue is.
\nSy het ouers verder gemaan om hul kinders nie sonder toesig te laat nie, na twee kleuters Maandag in Amersfoort in \u2018n huisbrand dood is.
\nVolgens die polisie is \u2018n tweejarige tweeling seun en dogtertjie saam met hul niggie (sy was jonger as vyf), alleen by die huis gelos waar \u2018n kers gebrand het (die area het nie elektrisiteit nie) terwyl hul oppasser winkel toe is. Die seuntjie kon uit die vlamme gered word deur bure en is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
\nDie twee dogtertjies is dood. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die huis vandag besoek.
\n\"\"
\n\u2018n Paartjie is in die hof vir kommersi\u00eble misdaad in Nelspruit gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir bedrog, nadat hulle hulself vir jare valslik as laerskoolonderwysers voorgedoen het.
\nVolgens die Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, het dit die Mpumalanga departement van onderwys meer as R1 miljoen gekos in hul salarisse.
\nHlobisile Lindokuhle Mthembu en Bongisipho Robert Mthembu het na \u2018n ondersoek na kwalifikasies bedank. Hul tronkstraf is opgeskort vir vyf jaar.
\n