{"id":11711,"date":"2021-08-16T14:07:17","date_gmt":"2021-08-16T12:07:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11711"},"modified":"2021-08-16T14:07:17","modified_gmt":"2021-08-16T12:07:17","slug":"twee-15-jariges-aangekeer-vir-moord-na-huishoudelike-geweld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/twee-15-jariges-aangekeer-vir-moord-na-huishoudelike-geweld\/","title":{"rendered":"Twee 15-jariges aangekeer vir moord na huishoudelike geweld"},"content":{"rendered":"

Twee 15-jariges sal na verwagting vandag in die hof verskyn, nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle Vrydag na bewering familielede doodgemaak het.
\nVolgens die polisie hou beide voorvalle verband met huishoudelike geweld.
\nIn Bosbokrand is \u2018n 65-jarige man die aand na \u2018n bakleiery met sy vrou glo deur een van sy kinders doodgesteek.
\n\u2018n 49-jarige man is ook die aand in Elandshoek in die straat aangetref met verskeie wonde. Hy is op die toneel dood verklaar. Sy 15-jarige nefie behoort vandag in verband daarmee in die Nelspruit-landdroshof te verskyn.
\nDie polisie soek \u2018n man wat hulle glo hulle kan help in \u2018n moordondersoek na \u2018n 30-jarige vrou Sondag in Acornhoek na bewering deur haar vriend doodgeskiet is.
\nAppearance Ndlovu of enigiemand met inligting oor hom is gevra om luit. kol. Albert Manzini te kontak by 082-469-1031.
\nIn \u2018n afsonderlike voorval veg \u2018n 32-jarige vrou in die hospitaal vir haar lewe nadat sy Saterdag in Mhala geskiet is. \u2018n 36-jarige man het haar na bewering geskiet en gewond voor hy homself geskiet het. Die polisie ondersoek sy dood.
\nDie 41-jarige David Sizanempi Palmer het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, geldwassery, en diefstal of alternatiewelik die oortreding van die belastingadministrasiewet.
\n\"\"
\nVolgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, het Palmer na bewering deur \u2018n maatskappy wat in Maart 2018 geregistreer is, Tshangakuye Trading, vervalste belastingopgawes by die inkomstediens ingedien.
\nDaardeur het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said) na beraming R203 681 verloor.
\nHy is borgtog van R2 000 toegestaan en die saak is uitgestel tot 15 September.
\n