{"id":11693,"date":"2021-08-13T14:01:14","date_gmt":"2021-08-13T12:01:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11693"},"modified":"2021-08-13T14:01:14","modified_gmt":"2021-08-13T12:01:14","slug":"geen-meer-voorbrande-nie-se-lefpa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/geen-meer-voorbrande-nie-se-lefpa\/","title":{"rendered":"Geen meer voorbrande nie, s\u00ea Lefpa"},"content":{"rendered":"

Die Lowveld & Escarpment Fire Protection Association (Lefpa) s\u00ea geen verdere voorbrande moet meer gemaak word nie, omdat die brandgevaar baie hoog is hierdie tyd van die jaar.
\nVolgens Andr\u00e9 Scheepers van Lefpa is alle beskikbare hulpbronne en spanne op ho\u00eb gereedheid geplaas om op enige brande te reageer en die publiek te waarsku.
\nTot dusver verloop die brandseisoen in die Laeveld redelik normaal. Koue fronte het ryp gebring na hoogliggende areas wat die baie brandmateriaal (wat in die veld staan na ‘n besonderse goeie re\u00ebnseisoen) uitgedroog het. Met winderige toestande saam maak dit die brandgevaar baie hoog.
\n