{"id":11680,"date":"2021-08-12T16:24:17","date_gmt":"2021-08-12T14:24:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11680"},"modified":"2021-08-12T16:24:17","modified_gmt":"2021-08-12T14:24:17","slug":"wereld-olifantdag-krugerwildtuin-verdedig-besluit-om-olifantkalfie-uit-te-sit","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/wereld-olifantdag-krugerwildtuin-verdedig-besluit-om-olifantkalfie-uit-te-sit\/","title":{"rendered":"W\u00eareld-olifantdag: Krugerwildtuin verdedig besluit om olifantkalfie uit te sit"},"content":{"rendered":"

Die onlangse besluit van die Krugerwildtuin (NKW) om \u2018n wees olifantkalfie van kant te maak, het vrae laat ontstaan oor SANParke se beleid oor mense se ingryping in die natuur.
\nDie olifantjie is geskiet nadat die ma aan natuurlike oorsake dood is.
\nVolgens SANParke se beleid word ingryping nie toegelaat wanneer diere wees gelaat of agtergelaat word nie \u2013 tensy die ma se dood of gedrag deur mense se invloed veroorsaak is. Hierdie diere mag nie gered word, of ingebring word vir rehabilitasie nie.
\nTog het die wildtuin ingetree. Die NKW se woordvoerder, Ike Phaahla, s\u00ea hulle het die besluit geneem om \u201cmenslikheidsredes\u201d: omdat die kalfie steeds aan die ma gedrink het sou sy kanse om oorlewing skraal wees.
\n