{"id":11596,"date":"2021-08-04T12:51:01","date_gmt":"2021-08-04T10:51:01","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11596"},"modified":"2021-08-04T12:51:01","modified_gmt":"2021-08-04T10:51:01","slug":"vier-aangekeer-na-gefnuikte-rooftog-by-witrivier-restaurant","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vier-aangekeer-na-gefnuikte-rooftog-by-witrivier-restaurant\/","title":{"rendered":"Vier aangekeer na gefnuikte rooftog by Witrivier-restaurant"},"content":{"rendered":"

Vier verdagtes is gisteraand aangekeer nadat hulle Die Windpomp-restaurant in Witrivier na vermoede probeer beroof het.
\nVolgens Hi-Tech se Jchaan de Beer is een handwapen, ‘n haelgeweer en wat hy beskryf as ‘n speelhandwapen aan die verdagtes gevind.
\nDie restauranteienaar, Lewies Dippenaar, s\u00ea werknemers was om ongeveer 20:10 besig om vullis buitentoe te neem, toe hulle so sewe mans met vuurwapens oor die heining sien spring het.
\n\u201cHulle het my kom s\u00ea, en ek het dadelik my pistool gegryp en uitgestorm,\u201d vertel hy.
\nHy het ‘n paar skote in die groep se rigting afgevuur en hulle het op die vlug geslaan. Dippenaar het Hi-Tech gekontak en hulle het op die verdagtes afgekom.
\n‘n Wit Toyota Hilux bakkie is opgemerk en mense het agterop die voertuig gel\u00ea. Van hulle het van die bakkie afgespring en in die bosse in gevlug. Die ander is aan die polisie oorhandig. Hul bakkie is ook gekonfiskeer.
\n