{"id":11579,"date":"2021-08-02T15:12:36","date_gmt":"2021-08-02T13:12:36","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11579"},"modified":"2021-08-04T09:31:45","modified_gmt":"2021-08-04T07:31:45","slug":"soektog-afgelas-na-brondal-plaasaanval","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/soektog-afgelas-na-brondal-plaasaanval\/","title":{"rendered":"Soektog afgelas na Brondal-plaasaanval"},"content":{"rendered":"

Die soektog is afgelas na verdagtes wat vanoggend ‘n boer en sekuriteitswag tydens ‘n plaasaanval in die Brondal-omgewing geskiet het.
\nDie voorval het in die omgewing van 07:00 plaasgevind. Daar is na vermoede drie verdagtes en hulle is swaar gewapen.
\nLeonard Theko*, een van die beamptes wat eerste gereageer het op die noodroep, is twee keer geskiet en het aan sy wonde beswyk. Hy het sedert 2006 by J&M Sekuriteit gewerk.
\nDie boer, \u2018n bekende in die omgewing, Johan van der Merwe, is geskiet. Hy is hospitaal toe gehaas en volgens berigte tans kritiek maar stabiel.
\nSover bekend is net sy Wit Ford Ranger bakkie gesteel. Die voertuig is kort daarna in \u2018n plantasie naby die plaas teruggevind waar dit deur die verdagtes agtergelaat is.
\nVolgens Joe Pelser van AfriForum se Witrivier-buurtwag het die verdagtes verder te voet gevlug en verdwyn.
\n