{"id":11491,"date":"2021-07-22T12:51:56","date_gmt":"2021-07-22T10:51:56","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11491"},"modified":"2021-07-22T12:51:56","modified_gmt":"2021-07-22T10:51:56","slug":"dowwe-dolla-deel-hoe-om-n-goeie-grappie-te-vertel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/dowwe-dolla-deel-hoe-om-n-goeie-grappie-te-vertel\/","title":{"rendered":"Dowwe Dolla deel hoe om ‘n goeie grappie te vertel"},"content":{"rendered":"

Margit Meyer R\u00f6denbeck, dikwels beter bekend as haar alter ego, Dowwe Dolla, s\u00ea sy is nie van nature snaaks nie, maar kan die snaaks in dinge sien.
\nSy ken egter van komedie, en bied volgende naweek saam met Wynand van Vollenstee, Adriaan van As en Francois Jacobs Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan. Dit is vir leerlinge en onderwysers bedoel ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus afskop.
\nMeyer R\u00f6denbeck het die week ‘n “mini-werkswinkel” tydens Sanett te program aangebied om jou te help om ‘n grappie beter te kan vertel.
\nDie raad is eenvoudig: Moenie vir jou eie grappie lag nie.
\n\u201cDit is baie snaakser as jy dit met \u2018n reguit gesig vertel asof jy glad nie besef dit is snaaks nie,\u201d s\u00ea sy.
\nOm dit te vermag, is die tegniek baie goeie voorbereiding. \u201cGoeie tydsberekening l\u00ea in oefen: herhaling, herhaling, herhaling.\u201d
\nLuister weer hier na haar raad.
\n