{"id":11466,"date":"2021-07-19T15:39:04","date_gmt":"2021-07-19T13:39:04","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11466"},"modified":"2021-07-19T15:39:04","modified_gmt":"2021-07-19T13:39:04","slug":"ovk-se-hulle-is-slaggereed-vir-verkiesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ovk-se-hulle-is-slaggereed-vir-verkiesing\/","title":{"rendered":"OVK s\u00ea hulle is slaggereed vir verkiesing"},"content":{"rendered":"

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) s\u00ea hulle is slaggereed om op 27 Oktober plaaslike verkiesing te hou. Sover gaan dit steeds voort.
\nUitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag oor of dit wel dan gehou k\u00e1n word, word Woensdag verwag.
\nSibusiso Nkosi van die OVK in Mpumalanga, s\u00ea hulle kan verkiesings op ‘n Covid-19 veilige manier aanbied, soos hulle reeds met tussentydse verkiesings gewys het.
\nBuiten dat hulle verseker dat mense ‘n veilige afstand van mekaar handhaaf, word mense nie sonder maskers by stemlokale toegelaat nie, en word hulle met hul aankoms en vertrek ontsmet.
\nVerder moedig hulle mense aan om iets te s\u00ea as hulle ongemaklik voel as iemand te naby aan hulle is, en om hul eie penne te bring om mee te stem.
\nNkosi het mense aangemoedig om intussen aanlyn te registreer om te stem.
\n