{"id":11413,"date":"2021-07-13T12:41:53","date_gmt":"2021-07-13T10:41:53","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11413"},"modified":"2021-07-13T13:52:28","modified_gmt":"2021-07-13T11:52:28","slug":"laevelders-gemaan-om-nie-ongeverifieerde-boodskappe-oor-oproerigheid-te-versprei-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/laevelders-gemaan-om-nie-ongeverifieerde-boodskappe-oor-oproerigheid-te-versprei-nie\/","title":{"rendered":"Laevelders gemaan om nie ongeverifie\u00ebrde boodskappe oor oproerigheid te versprei nie"},"content":{"rendered":"

\u2018n Totaal van 757 mense is tot dusver gearresteer vir plundery in KwaZulu-Natal en Gautengm waar die weermag ook ontplooi word.
\nIn die Laeveld is die situasie tans rustig. Enkele winkels in Mbombela se sakekern was vanoggend gesluit, na \u2018n drank- en meubelwinkel gistermiddag geplunder is, volgens Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice. Die polisie het bevestig dat twee mense wat drank probeer steel het, gearresteer is.
\nVerskeie winkelsentrums het Maandag vroeg gesluit as ‘n voorsorgmaatre\u00ebl.
\nMbombela se taxi-verenigings het aangekondig dat hulle saam met die munisipaliteit se wetstoepassers aan patrollies sal deelneem om enige plundery en vandalisme hok te slaan.<\/p>\n\n\t\t