{"id":11389,"date":"2021-07-09T11:27:20","date_gmt":"2021-07-09T09:27:20","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11389"},"modified":"2021-07-09T11:27:20","modified_gmt":"2021-07-09T09:27:20","slug":"mpumalanga-stadigste-met-inentings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-stadigste-met-inentings\/","title":{"rendered":"Mpumalanga stadigste met inentings"},"content":{"rendered":"

Mpumalanga se inentingskoers is v\u00ear onder di\u00e9 van ander provinsies volgens bevolking. In totaal is 185 990 mense teen gister in die provinsie inge\u00ebnt.
\nDumisani Malamule, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, s\u00ea hulle doen alles wat hulle kan om mense aan te moedig om die inentings te ontvang, maar mense moet dit vrywilliglik doen.
\nSoos toetse vir Covid-19, is inentings gratis by die regering se inentingslokale, asook wanneer hulle ‘n pasi\u00ebnt na ‘n private instelling verwys.
\nWanneer private instansies direk gekontak word, kan hulle geld daavoor vra sou mense nie \u2018n mediese fonds h\u00ea nie, verduidelik hy.
\n