{"id":11350,"date":"2021-07-06T15:15:06","date_gmt":"2021-07-06T13:15:06","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11350"},"modified":"2021-07-06T15:15:06","modified_gmt":"2021-07-06T13:15:06","slug":"minister-genader-vir-langtermyn-oplossing-vir-malalane-se-water","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/minister-genader-vir-langtermyn-oplossing-vir-malalane-se-water\/","title":{"rendered":"Minister genader vir langtermyn-oplossing vir Malalane se water"},"content":{"rendered":"

Inwoners van Malalane het die naweek watertekorte ervaar na die hoofpomp by die ontrekking- en suiweringsaanleg verstop en gebreek het.
\nDit is Saterdagmiddag vervang. Die tweede pomp is die aand ook vervang. Dit moes aanvanklik in die donker gedoen word in \u2018n 25-meter watertoring wat net van bo af toeganklik is. Boonop moes slik van die somer se vloede en die ongewone opbou van alge opgeruim word om by die pomp uit te kom.
\nWerk is om middernag gestaak en Sondagoggend hervat. Die waterwerke is Sondagaand herstel. Daar moes gewag word vir die reservoirs om 75% vol te word voor watertoevoer na die dorp herstel kon word. Dit is Maandagaand gedoen.
\nDrie tydelike pompe is ge\u00efnstalleer om daarmee te help en sal die week gebruik word terwyl die munisipaliteit herstelwerk doen aan infrastruktuur.
\nDA-raadslid, Mari\u00ebtte Preddy, s\u00ea sy het \u2018n brief geskryf om die minister te vra om in te gryp en \u2018n langtermyn-oplossing te vind vir die dorp se waterinfrastruktuur.
\nVolgens Nkomazi-munisipaliteit sal die week se instandhoudingswerk inwoners na verwagting nie so erg raak soos tydens die naweek nie.
\n