{"id":11277,"date":"2021-06-18T10:38:23","date_gmt":"2021-06-18T08:38:23","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11277"},"modified":"2021-06-18T10:38:23","modified_gmt":"2021-06-18T08:38:23","slug":"vermeende-renosterstroping-baasbrein-in-hazyview-vermoor","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermeende-renosterstroping-baasbrein-in-hazyview-vermoor\/","title":{"rendered":"Vermeende renosterstroping-baasbrein in Hazyview vermoor"},"content":{"rendered":"
Die vermeende baasbrein van ‘n renosterstropingsindikaat, Petros Sidney Mabuza (57), is Donderdagmiddag vermoor.
\nAlbert Gryvenstein van Bossies Community Justice het die voorval bevestig.
\nVolgens hom was Mabuza om ongeveer 13:00 voor ‘n vulstasie in Hazyview geparkeer, toe ‘n swart VW Polo langs hom stilhou. Drie mans het uitgeklim en met AK47’s op hom gevuur voor hulle op die vlug geslaan het.
\nMabuza was ook bekend as “Mashengo” en het noue bande gehad met die berugte Joseph “Big Joe” Nyalunga. Hul verhoor, saam met verskeie ander aangeklaagdes, op verskeie klagte verwant aan renosterstropery, ondermeer handel in renosterhoring, sloer al sedert hul arrestasie in 2018.
\nDie polisie s\u00ea hulle het \u2018n soektog geloods na die verdagtes. Volgens woordvoerder, brig. Leonard Hlathi, is \u2018n bejaarde vrou tydens die skietery getref. Sy sterk tans aan in die hospitaal.
\n\u201cGeen arrestasies is nog gemaak nie, en die motief vir die moord is op hierdie stadium onbekend,\u201d s\u00ea Hlathi.
\nDie waarnemende polisiekommissaris, maj. gen. Thulani Phahla s\u00ea niemand het die reg om iemand anders se lewe te neem nie, ongeag die redes.
\nEnigiemand met inligting is gevra om hulle te kontak by 086-001-0111.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Luister meer op 100.5FM. <\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":11278,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[1804,1097,223,1803,813,1805,797],"yoast_head":"\n