{"id":11155,"date":"2021-05-28T13:09:40","date_gmt":"2021-05-28T11:09:40","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11155"},"modified":"2021-05-28T13:09:40","modified_gmt":"2021-05-28T11:09:40","slug":"sanparke-stel-kontrolepunte-in-suide-van-wildtuin-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sanparke-stel-kontrolepunte-in-suide-van-wildtuin-in\/","title":{"rendered":"Sanparke stel kontrolepunte in suide van wildtuin in"},"content":{"rendered":"

Sanparke het aangekondig dat hulle besig is om kontrolepunte in die suide van die Krugerwildtuin op te stel om areas beter te beheer ten einde laaste renosterstropery te bekamp.
\nDie wildtuin se woordvoerder, Ike Phaahla, s\u00ea dit is ‘n nodige stap.
\n\u201cEk dink Suid-Afrikaners weet dat ons alles moontlik gedoen het, om te probeer om ons teenstropingsaksies buite die publieke oog te hou, maar ons het nou die punt bereik waar ons baie sigbaar moet wees, en die geveg na die stropers moet neem.\u201d
\nDie kontroles sal deur die milit\u00eare polisie van die weermag gedoen word. Hulle sal ook deur toeriste-monitors vergesel word en dit behoort besoekers minimaal te affekteer, aldus Phaahla.
\nDie hele suide van die wildtuin, tot by die Olifantsrivier, sal hierdeur geraak word.
\n