{"id":11134,"date":"2021-05-26T15:14:51","date_gmt":"2021-05-26T13:14:51","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11134"},"modified":"2021-05-26T15:18:59","modified_gmt":"2021-05-26T13:18:59","slug":"baanbrekerswerk-gedoen-met-penryn-online","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/baanbrekerswerk-gedoen-met-penryn-online\/","title":{"rendered":"Baanbrekerswerk gedoen met Penryn Online"},"content":{"rendered":"

Die Penryn Prep Online School het vroe\u00ebr die jaar geopen vir gr. 4 tot gr. 7.
\nDit gebruik interaktiewe tegnologie en \u2018n nuwe kurrikulum wat kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (CAPS), die Onafhanklike Eksamenraad (IEB), en elemente van Cambridge kombineer.
\nNicole Dos Santos, Penryn Online se departementshoof, s\u00ea vandag se kinders moet voorberei word vir die werksplek van m\u00f4re, wat heel anders daar sal uitsien as waaraan mense vandag gewoond is.
\nDie nuwe kurrikulum wat hulle ontwikkel bied die leerlinge meer geleenthede en keuses.
\n\u201cDit word al geruime tyd beplan. Ons moet ons kinders begin voorberei vir \u2018n toekoms waar hulle nie net een werk gaan h\u00ea nie, en dit nie noodwendig gaan doen in die plek waar hulle hulself bevind nie.\u201d
\nSy s\u00ea hulle gebruik alle tegnologie tot hul beskikking, van kontak met kenners tot virtuele toere.
\n\u201cDaar is nie \u2018n plek wat jy nie kan verken, niks waartoe ons nie toegang het nie. Die vraag is wat doen ons met die inligting wat ons vind? Is dit betroubaar en veilig?
\n\u201cPenryn Online gee leerlinge die platform om dit veilig te verken en te onderskei hoe om dit die beste aan te wend.\u201d
\n