{"id":11126,"date":"2021-05-26T08:47:41","date_gmt":"2021-05-26T06:47:41","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11126"},"modified":"2021-05-26T08:47:44","modified_gmt":"2021-05-26T06:47:44","slug":"tiere-verskuif-na-veilige-hawe-nader-aan-natuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/tiere-verskuif-na-veilige-hawe-nader-aan-natuur\/","title":{"rendered":"Tiere verskuif na veilige hawe nader aan natuur"},"content":{"rendered":"

Ban Animal Trading (BAT) was onlangs betrokke by die suksesvolle hervestiging van twee tiere.
Dr. Smaragda Louw s\u00ea die diere was amper verkoop aan \u2018n plaaslike dieretuin, Pumbaa Wildlife Park, maar is toe eerder hervestig in \u2018n veilige hawe waar hulle so naby moontlik aan die natuur kan leef met so min as moontlik menslike interaksie.
BAT is gekant teen enigiets wat teen diere se natuur gaan, soos wanneer mense hule aanhou vir eie gewin. Dit sluit in om diere te teel vir vleis en klere, te gebruik in laboratoriums of in sirkusse en dieretuine aan te hou.
\u201cDit gaan net daaroor dat hulle mense vermaak, en dit is nie die rede hoekom diere op hierdie aarde is nie,\u201d s\u00ea sy van laasgenoemde twee. \u201cHulle het hul eie doel, hulle het hul eie sosiale sirkels en ons kan nie net vir hulle waarde gee omdat hulle vir ons finansi\u00eble gewin bring nie.\u201d
Die twee tiere is besit deur iemand in Gauteng wat, in Louw se woorde, \u201cwou doen wat reg is vir hulle\u201d.
‘n Buurvrou van hul eienaar het BAT gekontak en hulle het besluit om die tiere eerder nader aan die natuur te hervestig.
\u201cTiere is nie inheems nie, en daar is nie \u2018n verbod daarop om hulle te teel nie \u2013 jy kan hulle in jou tuin aanhou. Die probleem is dat veilige hawes vol is weens die teel van tiere en leeus in Suid-Afrika.\u201d
BAT het Panthera Africa Big Cat Sanctuary in die Wes-Kaap gekontak, wat hulle in verbinding gesit het met Love Lions Alive in die Vrystaat. Hulle is toe sowat twee weke gelede suksesvol daarheen verskuif.
\u201cAlbei was dadelik baie gelukkig in hul nuwe kamp. Dit was pragtig om te sien,\u201d s\u00ea Louw.
Louw voeg by dat dieretuine slegs bestaan om mense te vermaak en geen opvoedkundige waarde het nie.