{"id":11038,"date":"2021-05-10T08:55:13","date_gmt":"2021-05-10T06:55:13","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=11038"},"modified":"2021-05-10T08:59:01","modified_gmt":"2021-05-10T06:59:01","slug":"iv-bar-n-eerste-vir-die-laeveld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/iv-bar-n-eerste-vir-die-laeveld\/","title":{"rendered":"IV Bar \u2018n eerste vir die Laeveld"},"content":{"rendered":"

In \u2018n eerste vir die Laeveld \u2013 en enigste vir Mpumalanga \u2013 het die IV Bar hierdie maand hul deure in I\u2019langa Mall geopen.
\nHier word vitamiene binneaars toegesien in ‘n gemaklike, vriendelike en steriele omgewing.
\nKeri Rudolph het sowat drie en \u2018n half jaar gelede saam met Russell Sachs die IV Groep begin. Desir\u00e9 en haar suster Yolandi Oosthuizen is die mede-eienaars van die IV Bar in I\u2019langa.
\n\"\"
\nAnders as in \u2018n kliniese omgewing, bied die IV Bar \u2018n wonderlike ervaring saam met die gesondheidsvoordele wat dit inhou om vitamiene via \u2018n drup te ontvang.
\nJy sit op gemaklike banke, geniet \u2018n koppie koffie terwyl jy drup, kan televisie kyk of musiek luister, in \u2018n privaathokkie sit, of saam met \u2018n vriendin kom en selfs vergadering kom hou terwyl jy jou dosis vitamiene inneem. Dit is ook uitstekend vir mense wat van Covid-19 herstel.
\n