{"id":10948,"date":"2021-05-03T15:23:05","date_gmt":"2021-05-03T13:23:05","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10948"},"modified":"2021-05-03T15:24:50","modified_gmt":"2021-05-03T13:24:50","slug":"adjunkminister-lig-makhonjwa-se-geologiese-belang-uit","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/adjunkminister-lig-makhonjwa-se-geologiese-belang-uit\/","title":{"rendered":"Adjunk wil fokus op Makhonjwa se geologie"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die adjunkminister van toerisme, Fish Mahlalela, s\u00ea daar is nog nie finaliteit oor presies hoe om Barberton se Makhonjwa-bergreeks maksimaal aan te wend as toerisme-aantreklikheid nie.
\nHy het tydens \u2018n twee-dag besoek aan die area einde verlede week ook di\u00e9 bergreeks besoek. Dit was deel van \u2018n veldtog om plaaslike toerisme te bevorder om die bedryf te probeer red.
\nDie departement fokus tans hard op die bevordering van plaaslike toerisme. Hulle het ook \u2018n werkswinkel aangebied vir opkomende toerismeondernemings om hul aanbiedinge aan te pas om meer besoekers te lok.
\nMahlalela s\u00ea Mpumalanga se toerisme- en parke-agentskap (MTPA) moet nog konseptualiseer presies hoe die W\u00eareld-erfenisgebied bestuur sal word. Hy voel dat die area se geologiese belangrikheid ‘n fokusarea moet wees om internasionale besoekers te lok.
\n