{"id":10901,"date":"2021-04-28T10:52:30","date_gmt":"2021-04-28T08:52:30","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10901"},"modified":"2021-04-28T10:52:30","modified_gmt":"2021-04-28T08:52:30","slug":"beloning-van-r100-000-uitgeloof-vir-inligting-oor-valley-farm-moorde","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/beloning-van-r100-000-uitgeloof-vir-inligting-oor-valley-farm-moorde\/","title":{"rendered":"Beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting oor Valley Farm-moorde"},"content":{"rendered":"
\u2019n Beloning van R100 000 word aangebied vir inligting wat sal lei tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die aanvallers in die Valley Farm-moorde.
\nAnnemarie Botha en haar seun Ruan Brits is Saterdagaand in hulle huis vermoor.
\nVolgens Bossies Community Justice se Albert Gryvenstein is dit \u2019n besondere moeilike ondersoek en die toneel was lelik.
\n\u201cJy kan geen moord regverdig nie, maar ek kan nie sien hoe soiets kon gebeur het nie,\u201d s\u00ea hy. \u201cDie brutaliteit van die moord maak my warm onder die kraag.\u201d
\nHy kan nie veel inligting oor die ondersoek deel nie, maar s\u00ea dit moes binne \u2019n kort tyd gebeur het.
\nDie gesin het net van \u2019n partytjie af by die huis gekom toe Fanie dadelik patrollie gaan ry het op die plaas \u2013 omdat daar die vorige aand ook \u2019n inbraak was.
\nMet sy terugkeer, sowat 30 tot 40 minute later, het hy op hulle liggame afgekom.
\nLater dieselfde aand is nog twee moorde gepleeg. Sowat twee kilometer van die plaas af is \u2019n man doogeslaan.
\n\u201cDit lyk of hy ook nogal erg aangerand is,\u201d s\u00ea Gryvenstein.
\nVerder af in die pad is nog iemand baie wreed, onder andere met \u2018n panga, doodgeslaan. Die vier moorde kan nie met mekaar verbind word nie, maar hy s\u00ea dit is belangrik om na die oorsake van misdade te kyk.<\/p>\n\n