{"id":10857,"date":"2021-04-26T11:44:09","date_gmt":"2021-04-26T09:44:09","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10857"},"modified":"2021-04-26T11:46:14","modified_gmt":"2021-04-26T09:46:14","slug":"mannejag-duur-voort-na-ma-en-seun-op-plaas-vermoor-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mannejag-duur-voort-na-ma-en-seun-op-plaas-vermoor-is\/","title":{"rendered":"Mannejag duur voort na ma en seun op plaas vermoor is"},"content":{"rendered":"
‘n Grootskaalse soektog na moordverdagtes duur onverpoosd voort, na Annemarie Botha en haar seun Ruan Britz Saterdag op hul plaas in die Croc Valley-area buite Mbombela vermoor is.
\nHul liggame is die aand deur haar man, Fanie Botha, aangetref toe hy terug by die huis gekom het nadat hy op die plaas patrollie gery het.
\nVolgens die polisie is hulle blykbaar met iets geslaan. Die nadoodse ondersoek sal vandag uitgevoer word.
\nDie huis was glo geplunder. Die polisie het bevestig dat verskeie items uit die huis gesteel is. ‘n Saak van moord en roof word ondersoek.
\nBotha was \u2018n onderwyser by Calvary Christian School. Britz was in sy vroe\u00eb dertigs en was verstandelik gestrem.
\nDie LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die voorval veroordeel. Hy het \u2018n beroep op die polisie gedoen om te verseker die skuldiges word dringend aangekeer.
\nHy s\u00ea hy is bekommerd omdat dit kort na die moord op twee plaasbewoners naby Piet Retief gebeur het. Die polisie het ook hul kommer oor plaasmoorde in Mpumalanga uitgespreek.
\nAgriSA het gevra vir kalmte in Piet Retief waar die borgtogaansoek in verband met die skietdood van die twee broers vandag in die landdroshof voortgaan. Vyf mans word aangekla.
\nDie polisie het ges\u00ea samekomste buite die hof sal nie meer toegelaat word nie, na ses verdagtes verlede week aangekeer is vir geweld rondom die hofsaak. Kol. Donald Mdhluli s\u00ea vier is borg toegestaan, en twee bly in aanhouding tot 6 Mei.
\nShongwe het sy medelye met die families uitgespreek. Waarnemende polisiekommissaris, maj. Gen. Thulani Phahla s\u00ea alle hulpbronne word ingespan en \u2018n ondersoekspan is saamgestel om die verdagtes in die Mbombela-moorde vas te trek.
\nEnigiemand met inligting is gevra om speurder kol. Ernest Maoka te kontak by 082-318-9843.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Luister meer op 100.5FM. <\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":10858,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[1651,228,100,405,1652],"yoast_head":"\n