{"id":10843,"date":"2021-04-23T14:31:22","date_gmt":"2021-04-23T12:31:22","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10843"},"modified":"2021-04-23T14:49:49","modified_gmt":"2021-04-23T12:49:49","slug":"luister-weer-selanna-biggs-herleef-traumatiese-motorongeluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/luister-weer-selanna-biggs-herleef-traumatiese-motorongeluk\/","title":{"rendered":"Luister weer: Selanna Biggs vertel van traumatiese motorongeluk"},"content":{"rendered":"
Selanna Biggs (19) is getraumatiseer en in pyn na \u2018n ernstige motorongeluk amper twee weke gelede. Sy is die Saterdag as vermis aangegee en eers ongeveer 28 uur later gevind.
\n\u2018n Massiewe soektog na haar is geloods, met baie inwoners wat saam gesoek het voor sy naby Kaapsehoop gevind is.
\nSedertien het Selanna twee operasies aan haar gebreekte femur ondergaan en sy sterk tans by die huis aan.
\n
\nSy het vir Sanett vertel van een van die mees traumatiese gebeurtenisse van haar lewe: van die ongeluk tot die gevaar toe reddingswerkers haar uit die wrak gehaal het en die lang pad na herstel wat voorl\u00ea.
\n\u201cEk wens ek kon s\u00ea dit gaan goed, maar ek sou jok,\u201d s\u00ea sy. \u201cDinge is baie moeilik. Ek sukkel regtig met baie pyn en emosionele trauma, maar ek probeer die blink kant sien, en dinge net een dag op \u2018n slag vat.
\n\u201cEk onthou baie min van die ongeluk. Wat ek wel onthou is dat ek rondom Kaapsehoop was, soos ek elke week maak. Dit is \u2018n stokperdjie – ek hou daarvan om foto\u2019s te neem van die wilde perde en om in die woud te wees.
\n\u201cEk onthou ek was op \u2018n woudpaadjie en dit was baie hobbelrig. Die laaste ding wat ek onthou was dat ek beheer oor die kar verloor het.\u201d
\nDeur die nag was dit baie koud, sy was vasgekeer en baie bang. Haar selfoon was in die enjin, buite haar bereik, en soos gewoonlik was die klank afgeskakel.
\nLuister weer na haar ontstellende vertelling.<\/p>\n\n