{"id":10801,"date":"2021-04-21T13:35:57","date_gmt":"2021-04-21T11:35:57","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10801"},"modified":"2021-04-21T13:35:57","modified_gmt":"2021-04-21T11:35:57","slug":"mtpa-staking-na-twee-weke-verby","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mtpa-staking-na-twee-weke-verby\/","title":{"rendered":"MTPA staking na twee weke verby"},"content":{"rendered":"

Die bestuur van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) en die provinsiale leiers van Nehawu sal na verwagting vandag die ooreenkoms onderteken waarvolgens werknemers se griewe aangespreek sal word.
\nDie onwettige staking deur werknemers van die agentskap is gister, na presies twee weke, afgelas. Die MTPA se kantore en reservate is op 6 April gesluit deur Nehawu-lede. Al die reservate wat toe was, is Dinsdag heropen vir besoekers.
\nDie stakende werknemers het onder meer ge\u00ebis dat werknemers in waarnemende bestuursposte permanent aangestel word. Hulle wil ook h\u00ea dat die senior bestuursposte wat onlangs geadverteer is, nie gevul word tot die waarnemende mense geplaas is nie.
\nMTPA-woordvoerder, Kholofelo Nkambule, s\u00ea \u2018n taakspan wat saamgestel is uit lede van die vakbond en MTPA-bestuur, maak vordering met die lang lys kwessies.
\n