{"id":10732,"date":"2021-04-13T10:40:35","date_gmt":"2021-04-13T08:40:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10732"},"modified":"2021-04-14T12:20:50","modified_gmt":"2021-04-14T10:20:50","slug":"nhs-atlete-wen-n-hele-handvol-medaljes-by-sas","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nhs-atlete-wen-n-hele-handvol-medaljes-by-sas\/","title":{"rendered":"NHS-atlete wen ‘n hele handvol medaljes by SA’s"},"content":{"rendered":"

Die tien atlete van Ho\u00ebrskool Nelspruit (NHS) wat Mpumalanga vanjaar by die nasionale atletiekbyeenkoms in die Paarl verteenwoordig het, het die naweek \u2018n allemintige vyf medaljes gewen.
\n\u201cDaar is min skole landwyd wat met so ‘n geil oes van een goue-, een silwer- en drie bronsmedaljes na so ‘n prestigeryke byeenkoms, kan spog,\u201d s\u00ea die skool.
\nSes Nellies-rekords is ook tydens die byeenkoms verbeter.
\nAshley Erasmus het \u2018n eerste plek behaal in die skyfwerp (o.18) met \u2018n gooi van 48,20 m. Sy het reeds tydens die uitdunronde haar eie Nellie-rekord van 43,48 m (o.16) na 43,80 m opgeskuif, maar die wengooi in die finaal was bykans vyf meter verder.
\nDit plaas haar tot dusver in die nr. 6-posisie op die w\u00eareldranglys. Cedricka Williams van Jamaica l\u00ea tans eerste met \u2018n afstand van 51,27 m.
\nAshley het ook \u2018n silwermedalje gewen in gewigstoot. Haar gooi van 17,46 m was haar beste ooit en het die skool se rekord laat spat en plaas haar in die tweede plek op die internasionale ranglys.
\nSy het in beide items die maksimun van 1 000 punte op Atletiek Suid-Afrika (ASA) se tabel verdien.
\nNolwazi Mashaba, wat verlede jaar in Lowveld High was, het goud in driesprong en silwer in verspring behaal.
\nHo\u00ebrskool Rob Ferreira se Junior Mondlane was derde in verspring met ‘n afstand van 7,46 m.
\nSoos Ashley (in diskus) neem hulle ook die naweek deel aan die senior kampioenskappe waar hulle moontlik kan kwalifiseer vir die w\u00eareld juniorkampioenskappe wat later vanjaar in Kenia plaasvind.
\n