{"id":10724,"date":"2021-04-12T13:11:48","date_gmt":"2021-04-12T11:11:48","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10724"},"modified":"2021-04-12T13:11:48","modified_gmt":"2021-04-12T11:11:48","slug":"mtpa-staking-in-sy-sewende-dag","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mtpa-staking-in-sy-sewende-dag\/","title":{"rendered":"MTPA-staking in sy sewende dag"},"content":{"rendered":"

Die staking deur werknemers van die agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga (MTPA), duur nou al sewe dae.
\nHul kantore en die reservate wat deur die MTPA bestuur word, is sedert Dinsdag gesluit. Watervalle wat deur Safcol bestuur word, is wel oop.
\nDie LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, het Vrydag met MTPA-bestuur en die provinsiale leiers van Nehawu vergader.
\n\u201cDaar is ooreengekom om dringend \u2018n taakspan saam te stel om onmiddelik die kwessies aan te spreek en \u2018n oplossing te vind sodat die agentskap hul bedrywighede kan hervat,\u201d s\u00ea die agentskap is ‘n verklaring.
\nDie MTPA se woordvoerder, Kholofelo Nkambule, s\u00ea die vakbond sou vandag die voorgestelde oplossings aan hul lede voorhou. Intussen bly die reservate gesluit.
\n