{"id":10712,"date":"2021-04-12T10:03:54","date_gmt":"2021-04-12T08:03:54","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=10712"},"modified":"2021-04-12T10:03:54","modified_gmt":"2021-04-12T08:03:54","slug":"vermiste-meisie-na-groot-soektog-gevind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermiste-meisie-na-groot-soektog-gevind\/","title":{"rendered":"Vermiste meisie na groot soektog gevind"},"content":{"rendered":"

Die 19-jarige Selanna Biggs is gistermiddag gevind, na sy Saterdag as vermis aangemeld is. Sy was in \u2018n motorongeluk op die Kaapsehoop-pad.
\n\u2018n Groot soektog na haar is van stapel gestuur. Volgens haar ma, Melisa, was sy vir meer as 27 uur in die wrak vasgekeer waar dit onder in ‘n plantasie van die pad af beland het.
\n\"\"
\nSelanna is na Nelspruit Mediclinic geneem vir behandeling. Sy het haar femur gebreek en \u2018n harde stamp teen haar kop opgedoen.
\nSy is laaste Saterdag tussen 13:30 en 14:00 by die huis gesien deur haar ouers. Later was net haar kar en selfoon saam met haar weg.
\nAlbert Gryvenstein van Bossies Community Justice vertel hoe hulle haar uiteindelik opgespoor het.
\n